July 10, 2025 @ 20:30 – July 11, 2025 @ 20:30
Arno Carstens Duo met Carstens en Giovanni Serci op dromme is op Donderdag 10 Julie en Vrydag 11 Julie om 20:30 op Die Boer-teaterrestaurant se verhoog.
Geniet ‘n intieme aand saam met die bekroonde sanger-liedjieskrywer en beeldende kunstenaar wie se loopbaan oor dekades strek.
Carstens en Serci voer onder meer sy jongste enkelsnit, “Sprokie”, uit – ‘n spookagtige, liriese reis deur transformasie, uithouvermoë en hoop. Die liedjie bied ‘n kykie in ‘n wêreld van brose skoonheid en diepe emosie. Kaartjies kos R290.
Bespreek by www.dieboer.com of 021 979 1911.


You must be logged in to post a comment.