Elandré kom kuier vanjaar by die Jan Kriel-instituut se jaarlikse Liggieboom-fees op Saterdag 28 November by die Jan Krielskool in Kuilsrivier.
Kom kuier saam vir ‘n vollengte vertoning en aanskou fantastiese optredes van leerders. Die hekke en kosstalletjies maak om 17:00 oop. Elandré se vertoning begin om 19:00 gevolg deur optredes van die leerders.
Die hoogtepunt van die aand is die aanskakel van die Liggieboom met meer as 10 000 liggies. Daar is beperkte sitplek op plastiekstoele en ‘n pawiljoen, maar gaste is welkom om hul eie kampstoele en komberse te bring. Kaartjies sluit die vertoning en ‘n LED-kersie in.
Die aand is ‘n belangrike fondsinsamelingsgeleentheid vir die Jan Krielskool wat ondersteunende onderwys vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes bied. Kom geniet die aand of borg liggies vir die boom om ‘n bydrae te maak.
Kaartjies en meer inligting is beskikbaar by www.liggieboom.co.za.



