Ds. Elza Meyer, die stigter van die Ester-konferensies en Turn2God-bedieninge, sal die spreker wees by die Ester-konferensie. Die fokus van die dag sal wees: Dink soos Jesus, praat soos Jesus, maak soos Jesus.


Radio Kaapse Kansel, in samewerking met die tydskrif Juig! en Helpende Hand, bied op Saterdag 9 Maart die bekende Ester-konferensie in Kaapstad aan.

Ds. Elza Meyer, die stigter van die Ester-konferensies en Turn2God-bedieninge, sal die spreker wees.

Die fokus van die dag sal wees: Dink soos Jesus, praat soos Jesus, maak soos Jesus.

“Moenie alleen kom nie; bring jou ma of jou suster of ’n vriendin saam, want ’n Ester-konferensie is bedoel vir saam lag, saam huil, saam kies, saam ontdek, saam opstaan en saam uitgaan,” sê Meyer.

“Dit gaan ’n besonderse geleentheid wees, want ons gaan ontdek wat dit beteken toe God gesê het dat Hy ons na sy beeld en na sy gelykenis gemaak het.”

Vroue kan ’n geleentheid verwag waar siel, gees en liggaam gevoed sal word.

Buiten die uitstekende geestelike lering en bediening wat sal volg vir dié wat ’n behoefte daaraan het, sal daar ook wonderlike aanbidding wees saam met Almarie du Preez en Ryno Turketti. Vroue sal ’n verversing kan geniet met hul aankoms by die Friend of God-venue in Goodwood.

Die kaartjie sluit ook ’n heerlike middagete in. Daar sal ook boektafels en ander uitgesoekte uitstallers wees.

Bespreek nou jou kaartjie op Quicket.co.za en volg die skakel na qkt.io/TiShBO.

Pensioenarisse betaal R300 per kaartjie.

Enkelkaartjies kos R400 en R350 per kaartjie vir groepe van 10.

Helpende Hand-lede betaal R350 (Tik in kode: HH2024).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article