Man sterf in vermoedelik vergeldingsaanval.
Man sterf in vermoedelik vergeldingsaanval.

‘n Moord vroeg Woensdagoggend (28 Januarie) in Bonteheuwel toon al die tekens van ‘n vergeldingsaanval deur bendes.

So sê die plaaslike raadslid Angus McKenzie nadat ‘n 28-jarige man omstreeks 06:00 op die hoek van Keur-en Kersboom geskiet is.

Strydende bendes

Woensdag se skietery volg op nog ‘n skietery die vorige dag toe ‘n ander man gesterf het. “Ons het inligting ontvang dat twee strydende bendes besig is om oor dwelm-afstetpunte te baklei,” sê McKenzie.

Hy het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om met inligting vorendag te kom wat kan verhoed dat die bendeoorlog versprei. “Ek kan bevestig dat verskeie mense in hegtenis geneem is. Ons hoop dat hierdie sinnelose moorde vinnig opgelos kan word,” sê hy.

Die polisie het by monde van hul woordvoerder, konst. Ndake Gwala, gesê die oorledene is in die rug en bors geskiet.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article