Een beseer in ongeluk tussen vragmotor en ligte nutsvoertuig op Plattekloofweg

Een persoon is beseer in ‘n ongeluk vroeg Donderdagoggend op Plattekloofweg, Welgelegen.

Richard Roberts

Een persoon is beseer toe ’n vragmotor en ligte nutsvoertuig
vroeg Donderdagoggend in ’n ongeluk betrokke was. Die ongeluk het omstreeks
08:00 op die hoeke van Plattekloof- en Gert van Rooyen-weg in Welgelegen
gebeur.

Met TygerBurger se besoek aan die toneel het noodwerkers
gesê net die bestuurder van die vragmotor wat aan die Immex Waste Management
dienste behoort, in die voorval beseer is.

Nooddienswerkers was nog besig om na die insittendes van die
nutsvoertuig, ’n wit Ford EcoSport, om te sien.

Die ongeluk het ligte verkeersopeenhoping veroorsaak.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad se
brandweerdiens, sê hulle is om 07:55 oor die ongeluk ingelig. Brandweerspanne
van Goodwood is na die toneel ontbied en met hul aankoms was ER24 en Netcare se
ambulansdienste reeds op die toneel, sê hy. ResQ Medix se ambulansdiens was ook
op die toneel.

“ ’n Volwasse man het beserings opgedoen en is per ambulans
na ’n nabygeleë hospitaal vervoer,” sê Carelse.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article