Die dirigente is (agter van links) Lee-Anne Westraad (onderwyser), Gabriel Africa, Emma Syfert, Jessica Grobler, Corlene Sandilands, Jaime Smit, Sachin van Wyk (hooftromspeler) en Adelinde Botha (onderwyser). Voor: Jana Hurter (onderwyser), Luke Cornelius, Zingce Mgawuli, Ethan Muller (hoofdirigent), Elmi Young (hoofdirigent), Tamica Davids, Lara Terry (onderwyser) en die gelukbringer, Stellie The Stallion.

Die hoërskole Durbanville en Stellenberg sê dié week mekaar die stryd aan in hul jaarlikse interskole-kragmeting.

Durbanville is vanjaar die gasheer.

In die voorwoord skryf Coenie Venter, hoof van die Hoërskool Durbanville, dit is vir so baie die hoogtepunt van die jaar wanneer reikhalsend uitgesien word na ‘n dag van gehalte-sportvaardighede, kompetisie, gees, trots en vriendskappe, maar wat ook herinneringe skep.

“Vandag moet ons kliphard teen mekaar kompeteer, maar eintlik is ons maar in dieselfde storm, dalk net in verskillende bootjies.

“Dankie dat ek mag weet hierdie twee skole sal kollektief verantwoordelikheid aanvaar om te verseker dat die noordelike voorstede as onderwyskrag bekend sal staan. Dankie dat ek ook weet ons deel ‘n begeerte om hierdie interaksie van leerders in goeie en verantwoordbare gees te mag beleef …

“Ek vertrou elkeen sal ‘n aangename belewenis hê hier by die tuiste van Durbie-trots.

“Let the games begin.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article