Nicholas Killian gee sy alles in die 1500 m vir seuns o.17.FOTO: Reinhardt Hamman


Gees en sportmanskap het geseëvier by die Top4-interskole-atletiekbyeenkoms wat Vrydag by die Universiteit Wes-Kaapland plaasgevind het.

Die hoërskole Brackenfell, Durbanville, The Settlers en Fairmont het teen mekaar meegeding.

Durbanville het met die atletiekbeker weggestap, met Brackenfell in tweede plek gevolg deur die hoërskole Fairmont en The Settlers.

Durbanville het ook weer die pawiljoenbeker en Fairmont die geesbeker gewen.

Die dirigente het met hul toertjies indruk gemaak.

Jordan van den Heever is aangewys as die victor ludorum in die o.19-seunsafdeling. Hy het ook die trofee vir beste individuele prestasie ontvang.

Nicolas Kline is aangewys as die victor ludorum in die o.17-seunsafdeling. By hom is Louisa Hall.

Daniel Ryno is die victor ludorum in o.15-seunsafdeling.

Jamie-Lee Mclean in die 800 m vir dogters o.15. Luané Wilch is in die agtergrond. FOTO’s: Reinhardt Hamman

Migile Carelse sweef deur die lug tydens die driesprong vir seuns o.17 by die Top 4-byeenkoms.

Alexander Abrahams vlieg oor die dwarslat. FOTO: Reinhardt Hamman

Nicholas Killian gee sy alles in die 1500 m vir seuns o.17.FOTO: Reinhardt Hamman

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article