Die DTBS Flashes is ‘n hoogtepunt op die skole-atletiekkalender. Dié skouspel op die DHL Kaapstad Stadion verg weke-lange beplanning en tientalle ure se oefening. TygerBurger het agter die skerms gaan loer hoe die Hoërskool Tygerberg dit doen.
Afrigters
Jesse Harmse (hoof-afrigter), Jarita van Zyl, La-Né Hanekom, Nicole Sakoor
Dirigente
Caylum Bessick (hoof-dirigent), Aimeé Claassen (hoof-dirigent), Ali Milambo, Raïssa Notyo, Rayland Jones, Thanaa Jacobs, Owethu Stephen, Lukuwe Ndlovu

Tromspelers:
Chad Roos, Israel Manuel, Caleb Swano
Wat was vanjaar se tema?
“Tygerberg Heritage”
Wat was die inspirasie vir hierdie tema?
Ons skool is ‘n baie diverse skool en ons wou graag ‘n tema skep wat al ons kinders insluit. Die doel is om die leerders trots te maak op wie hulle is, en waar hulle vandaan kom.

Hoe lank word daar al aan vanjaar se DTBS geoefen?
Ons oefen al sedert 20 Januarie vanjaar tot en met die oggend van die flashes. Vir die eerste twee weke oefen ons drie ure elke dag, en die laaste week oefen ons amper die hele dag elke dag. Dirigente moet ná skool bly en verder werk aan gees-liedjies, gees-bewegings ensovoorts.Ons het ys-brekers vir die leerders in die oggende om hulle opgewonde te maak vir die dag se oefening. Die atlete het in die oggende geoefen en dan in die middae sessies het hulle administrasie gedoen.
Hoeveel ure is aan vanjaar se DTBS gespandeer?
Ons het in totaal 52 ure aan flashes spandeer.
Hierdie blad is met trots geborg deur:







You must be logged in to post a comment.