Die Hoërskool Stellenberg se tema was “Local is lekker”.

Die DTBS Flashes is ‘n hoogtepunt op die skole-atletiekkalender. Dié skouspel op die DHL Kaapstad Stadion verg weke-lange beplanning en tientalle ure se oefening. TygerBurger het agter die skerms gaan loer hoe die Hoërskool Stellenberg dit doen.

Afrigters

Hoof van Atletiek: JR Foreman

Atketiekorganiseerders: Rikus Retief en Telanie van Dyk

Ons het ‘n besonderse afrigtingspan, maar die twee afrigters wat uitstaan is Paralimpiese atleet, Hilton Langenhoven en Olimpiese atleet Antonio Alkana, wat aktief betrokke is by ons afrigting.

Pawiljoen hoofafrigter: Ismari Kruger

Hoofde van gees: Adelinde Botha, Lee-Anne Westraad en Jana Hurter

Gees hulpspan: Monique Coetzee, Elandri Venter en Nikita Vercuiel

Dirigente

Juan Marais (Hoofdirigent), Carli van Wyk (Hoofdirigent), Uyolo Gwe, Marko van Wyk, Kirsten Swart, Jaryd Rhode, Marna Jooste en Suné Gerber

Die Hoërskool Stellenberg se dirigente. Foto: Richard Roberts
Die Hoërskool Stellenberg se dirigente. Foto: Richard Roberts

Tromspelers

Luke Cornelius (Hooftromspeler), Gabriel Africa en

Elmar Olivier

Tromspelers

Die Tema was Local is Lekker

Wat was die inspirasie vir hierdie tema?

Die tema Local is Lekker is gekies uit ‘n diep liefde vir Suid-Afrika en alles wat die land uniek maak. In ‘n wêreld waar dit maklik is om onsself met ander te vergelyk, het Stellenberg gekies om stil te staan en te sê: ons land is genoeg. Deur elke provinsie se eie karakter uit te beeld, verskillende tale saam te sing en slegs eg Suid-Afrikaanse musiek te gebruik, is die hartklop van die land op die pawiljoen gebring. Verwysings na die Springbokke se wenjare het herinner aan tye toe ‘n hele nasie saam gejuig het, saam geglo het en saam trots was. Local is Lekker was nie net ‘n tema nie. Dit was ‘n herinnering. ‘n Viering van waar ons vandaan kom, van wie ons is, en van die eenheid wat moontlik is wanneer Suid-Afrikaners mekaar raaksien en saamstaan. Dit was ‘n eerlike, opregte verklaring van trots – trots om Stellenberg te wees, en trots om Suid-Afrikaans te wees.

Hoe lank is daar aan vanjaar se DTBS geoefen?

Glimlagte wat spanwerk en trots uitstraal onder die afrigters.

Ongeveer 3 weke se voorbereiding.

Hoeveel ure is aan vanjaar se DTBS spandeer?

Ons het ongeveer meer as 40 ure spandeer aan die DTBS pawiljoen die jaar. En ongeveer meer as 18 ure saam met die atlete.

Wat het die nuwe afrigters gemotiveer om vanjaar se DTBS af te rig?

Die afrigters is verseker baie opgewonde om met al die atlete te werk en te verseker dat hulle goed voorbereid is, die DTBS is ‘n hoogtepunt op elke skool wat deel is se sportkalender en hierdie jaar is spesiaal omdat dit deel van Stellenberg se 40 jaar vieringe is.


Hierdie blad is met trots geborg deur:

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article