Die DTBS Flashes is ‘n hoogtepunt op die skole-atletiekkalender. Dié skouspel op die DHL Kaapstad Stadion verg weke-lange beplanning en tientalle ure se oefening. TygerBurger het agter die skerms gaan loer hoe die Hoërskool Bellville dit doen.
Afrigters
Wickus Zerwick en Elaine Kruger is die twee wat leiding neem wanneer dit kom by die DTBS afrigting.
Dirigente
Hoofdirigente: Von W Louw en Stefan Marais. Dirigente is Jody Swarts, Jurgens Steyn, Tayla van der Merwe Thomas Visagie en Megan Schietekat.

Tromspelers
Divan Horn, Lara du Toit en Alex Botha
Wat is vanjaar se tema?
Bellville Monopoly
Wat was die inspirasie vir hierdie tema?
Almal ken die gewilde monopoly bordspel. Ons het dit wel ‘n twist gegee deur ‘n skool te bou aan die einde, HS Bellville.
Hoe lank word daar al aan vanjaar se MTBS geoefen?
Daar word al vanaf 2025 voorberei deur om aan voor seisoen byeenkomste deel te neem ter voorbereiding vir DTBS 2026. Ons het ook ons atlete verder ontwikkel deur vanaf Januarie oggendsessie te hê waar atlete die geleentheid gekry het om vir hul items voor te berei.

Hoeveel ure is aan vanjaar se MTBS spandeer?
Dit is onmoontlik om te bepaal hoeveel ure afrigters en organiseerders bestee het aan die voorbereiding & implementering van oefensessies.
Nuwe afrigters: Wat het die afrigter gemotiveer om vanjaar se MTBS by die betrokke skool af te rig?
DTBS skep n gevoel van “hoort” en afrigters het dadelik ingekoop om een van die grootste byeenkomste in die Weskaap te beleef en daaraan verbinde te wees.
Hierdie blad is met trots geborg deur:







You must be logged in to post a comment.