Drie vroue is dood en 13 ander passasiers beseer toe ’n minibus-taxi vanoggend (Dinsdag 11 April) die R300-pad naby Kuilsrivier verlaat het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24-nooddienste, sê die bestuurder van die taxi het beheer oor die voertuig verloor, waarna die minibus gerol en van die pad af is.
Paramedici en nooddienspersoneellede, wat kort na 09:00 op die toneel was, het die taxi gekry waar dit op sy kant in die sloot langs die pad gelê het.
Drie vroue was onder die minibus-taxi vasgepen.
Meiring sê daar was niks wat meer vir die vroue gedoen kon word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.
Meiring sê die ander passasiers was verspreid rondom die taxi en is deur die paramedici ondersoek.
Altesame 13 passasiers het ligte tot ernstige beserings opgedoen





