Die briewe oor die taxi-chaos verwys.
Ek het ook al die owerhede, sonder sukses, probeer oorreed om kameras op te sit. Die probleem is dat hulle gesteel en vermy gaan word deur taxibase. Grondvlak-ondersoeke lei tot geweld teen amptenare en omkopery.
Die voorstel wat ek gemaak het, was dat daar, as taxi’s hul lisensies hernu, ’n kodenommer op die dakke van taxi’s gespuitverf word (met ’n veranderbare templaat) deur die verkeersowerhede om hulle te identifiseer. As die alfabet ook gebruik word, is die letters minder. Dit word net een keer per taxi gedoen.
Nou word hommeltuie aangekoop wat Voortrekker-, Durban- en Carl Cronjestrate patrolleer. Offisiere sit veilig in ’n kantoor om dit te monitor en boetes uit te reik. Die aanvanklike koste, wat minder as nog ’n klomp offisiere se salarisse sal wees, word maklik verhaal uit boetes. As die taxi te veel oortree, word sy lisensie ingetrek. Met tegnologie kan ons maklik die probleem oplos.




