Foto: Freedigitalphotos


Komplekse in Oak Glen loop tans deur onder inbrake, waarsku die polisie.

Volgens AO Gawie Hawkins, woordvoerder van die Bellville-polisiekantoor, was daar die afgelope paar weke verskeie voorvalle by verskillende komplekse in die gebied.

Die inbrake vind meestal in die dag plaas wanneer mense by die werk is.

Hawkins gee die volgende raad:

  • Verskerp jou eie huis se sekuriteit en moenie net aanneem jou kompleks s’n is genoeg nie;
  • Wees bedag op vreemde mense naby jou huis;
  • As jy by jou kompleks intrek of uittrek, wag eers tot die hek agter jou toemaak voordat jy verder ry.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article