Van Suid-Afrika se beste countrymusiek-kunstenaars het Saterdagaand die verhoog gedeel by die 10de Bakgat Country Opskop in die Grand Arena by GrandWest.
Die konsert, wat vanjaar weer vir die eerste keer sedert 2019 aangebied is, het afgeskop met ’n gesamentlike huldeblyk aan plaaslike country-bekendes wat oor die afgelope paar jaar gesterf het. Dit is gevolg deur lekker saamsing- klassieke countrytreffers en liedjies wat die hartsnare geroer het deur elk van die kunstenaars.
Tommy Dell se optrede is met ’n staande applous begroet.FOTO: Julius Bekker
Die groep West, bestaande uit Mac Young, Ernie Bates en Hugo Hewitt, is twee keer deur die gehoor teruggeroep na hul rock ’n roll-gunsteling en een van hul eie treffers.FOTO: Julius Bekker
Dodo Nyoka, Tarryn Lamb en Elandré saam op die verhoog.FOTO: Julius Bekker
Elandré het sy vertoning opgedra aan sy grootste aanhanger, sy ma, wat ook in die gehoor was.FOTO: Julius Bekker
Dodo Nyoka het die hartsnare geroer met sy uitvoering van “This is God’s country”.FOTO: Julius Bekker
Tarryn Lamb het geskitter op die verhoog met haar uitrusting sowel as haar sang.FOTO: Julius Bekker
Chris Else het die konsertgangers behoorlik aan die sing gekry.FOTO: Julius Bekker
Karla Gouws, die vrouewenner van die Bakgat Country Search, het vir die eerste keer voor ’n groot gehoor opgetree, maar het soos ’n veteraan voorgekom.FOTO: Julius Bekker
Vir Joanna Field was dit haar eerste optrede in 30 jaar.FOTO: Julius Bekker
Cheree het van haar eie komposisies en bekende treffers gesing.FOTO: Julius Bekker
Gypsy, een van die Bakgat Country Search-wenners, het die gehoor met sy stem vermaak.FOTO: Julius Bekker
Ray Dylan was een van die bekende sangers wat die gehoor op hul voete gehad het.FOTO: Julius Bekker
Ernie Bates van die groep West het ’n paar keer terwyl ander kunstenaars aan die beurt was saam met die orkes, The Banned, gespeel.FOTO: Julius Bekker
Die kunstenaars wat opgetree het, is die groep West, Tommy Dell, Tarryn Lamb, Elandré, Dodo Nyoka, Ray Dylan, Chris Else, Cheree, Joanna Field en die twee wenners van die Bakgat Country Search, Gypsy en Karla Gouws. Hulle is deur die agtstuk-orkes The Banned begelei.