Con Spirito Filharmonies bring hoogtepunte uit Händel se Messias na Bellville

Con Spirito
Con Spirito Filharmonies onder begeleiding van Sjoerd Alkema.

Con Spirito Filharmonies bring hoogtepunte uit Händel se Messias na Bellville


Con Spirito Filharmonies bied op Saterdag 29 Augustus om 19:30 ‘n uitvoering van hoogtepunte uit Händel se Messias en ander klassieke meesterstukke aan in die NG kerk Uitsig in Ridgeworth, Bellville.

Con Spirito Filharmonies
Con Spirito Filharmonies

Dr. Sjoerd Alkema, Con Spirito se dirigent, sê die geleentheid is geskik vir die hele gesin.

Con Spirito bied gereeld geleenthede vir plaaslike en internasionale kunstenaars aan om hul talente te deel.

Program

Hierdie program sluit twee solo-konserte in. Matthias-Remley Ender sal die pragtige “Tjellokonsert in C” deur Haydn uitvoer en dr. Pieter Rooi sal Mozart se “Klavierkonsert in A, K488”, vertolk.

Vir die res van die program het Alkema 11 geliefde koorstukke uit Händel se Messias gekies. Sipho Fubesi (tenoor) en Bongani Khubeka (bas) tree op as soliste.

Kaartjies teen R230 is beskikbaar by Webtickets.

Konsessiekaartjies (R180) vir seniors, studente en kinders is beskikbaar by Allmusic in Brackenfell by 021 981 5551 of am@allmusic.co.za.

Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees.

LEES OOK: Nataniël kom maak ‘n Kaapse draai in Welgemoed, Yzerfontein en Kaapstad

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article