Tien lede van die AfriForum-buurtwag in Kraaifontein het onlangs opleiding in vegkuns ontvang om hulle verder toe te rus vir hul diens aan die gemeenskap. Hierdie opleiding fokus nie net op selfverdediging nie, maar stel lede ook in staat om met groter selfvertroue en paraatheid in noodsituasies op te tree.
Hierdie inisiatief vorm deel van AfriForum se breër visie om proaktief in te gryp en gemeenskappe te versterk met die nodige vaardighede om hul eie veiligheid te bevorder, sonder om net van die staat afhanklik te wees.
Volgens die takbestuur word hierdie opleiding as ‘n belangrike bousteen vir toekomstige opleidingsinisiatiewe in die gebied beskou.
Die opleiding is met groot sukses voltooi en deelnemers het dit as insiggewend, bemagtigend en toepaslik vir werklike uitdagings op straat beskryf.
“Wanneer ons gemeenskapslede bemagtig met dissipline, vaardigheid en selfvertroue, bou ons meer as net veiligheid – ons bou veerkragtige gemeenskappe,” sê Jurie Ferreira, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Weskus.
AfriForum se Kraaifontein-tak beplan om opleiding soos hierdie verder uit te brei sodat meer vrywilligers hul gemeenskappe met oortuiging kan dien. Hierdie soort opleidingsgeleenthede is slegs moontlik danksy die ondersteuning van AfriForum-lede.





