‘n Brand woed sedert vroeg Donderdagoggend op Tygerberg-heuwel.

Verskaf

‘n Reuseveldbrand woed sedert vroeg Donderdagoggend op
Tygerberg-heuwel.

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad
se brand- en reddingsdienste, was daar weens die grondagtige terrein en styl
opdraende deur die loop van die oggend ‘n totaal van 11 brandbestrydende
hulpbronne op die toneel, insluitende viertrek-voertuie.

Lugondersteuningshulpbronne is ook ingespan weens die dig
plantegroei en dennebome.

“Bykomend tot die personeel op die toneel, is senior
amptenare van Distrik-Noord ook ontplooi om die operasie te bestuuur,” se
Carelse.

Die brand is om 07:35 aangemeld.

Geen eiendom in die gebied is nog sover in gevaar nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article