Vier rowers het laasnag ’n vrou in Hoogstede tydens ’n rooftog vasgebind en in haar huis aangehou.

Volgens ’n verklaring van die sekerheidsmaatskappy Titanium Securitas het hulle omstreeks 02:45 verskeie seine ontvang vanaf die woning se paniekknoppie.

“Sekerheidswagte was binne twee minute op die toneel. Met hul aankoms is hulle verwittig dat vier mans by ’n venster ingebreek het terwyl die vrou geslaap het. Sy is met ’n verlengingskoord en klere vasgebind terwyl die rowers die huis geplunder het. Die rowers het weggekom met waardevolle items uit die huis, asook die inwoner se Goue VW Polo,” lui die verklaring op Titanium Securitas se Facebook-blad.

Die Brackenfell-polisie is in kennis gestel en die saak word tans ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article