Die eerste BMX-wedren in amper tien jaar is verlede naweek, 20 Maart, by die Kraaifontein-BMX-klub gehou nadat die klub onder ’n nuwe bestuur weer begin het.
“Van die oud-ryers van die destydse klub het vanjaar besluit om weer die sport in Kraaifontein te laat herleef. Ons het vier maande gewerk om die baan reg te maak en weer oop te kry,” sê Hannele Bekker, woordvoerder van die klub.
Deelnemers van die Zone 7-, Overberg-, Stellenbosch- en Kraaifontein-klubs tussen ses en 50 jaar het die bane by die Kraaifontein-sportterrein aangedurf om aan ’n Wes-Kaapse provinsiale ren deel te neem.
Alhoewel die Overberg-klub hulle behoorlik laat les opsê het, het Kraaifontein nege medaljes verower – drie goues, drie silwer en drie brons.
Die klub pronk ook met sewe nuwe ryers – almal van die Laerskool Mikro in Kuilsrivier.
“Ons is super trots op ons ryers se prestasies, en is baie opgewonde oor als wat ons vir die klub beplan,” sê Bekker.
Die klub beoog om een keer per maand ’n ren by die klub te hou.
Hier is van die uitslae:
Seuns 14 tot 15:
1ste: Daniel Heydenrych
2de: Aldo Schmidt
Meisies 10 en ouer
1ste: Heinolee Petersen
2de: Meequh Flink
3de: Heinicka Petersen
Open Wheeler
1ste: Shameeg Dreyer
2de: Jannie Munnik
3de: JP Friederich
Seuns 12- tot 13-beginners
1ste: Dante Abrahams
2de: Krishaan Cornelus
3de: Sebastian Bekker
Seuns 8- tot 9-beginners
1ste: Liam Taaljard
2de: Llewelyn Claasen
3de: Liam van Niekerk
Seuns o.7
1ste: Cole Harman
2de: Ethan Fondaumiere
3de: Hudson Friederich
Vir navrae oor hoe om deel te raak en by die klub aan te sluit, bel Hannele by 062 542 0723. Volg die klub op Facebook.





