Die Stad Kaapstad se gelukbringer Bingo, wie bewusmaking teen rommelstrooiing skep, is deur leerders verwelkom.FOTOs: Samantha Lee-Jacobs


Die Laerskool Dennegeur het ’n spesiale besoeker ontvang om Internasionale Herwinningsdag op Maandag 18 Maart te vier.

Die Stad Kaapstad se gelukbringer, Bingo, wat bewusmaking teen rommelstrooiing skep, was deel van ’n program by die skool met amptenare van die Stad se vasteafvalbestuur en verteenwoordigers van die Strandfontein-biblioteek.

Leerders van die skool het ook hul eie program saamgestel, wat herwonne klere van papier en plastiek, liedjies, dans en gedigte ingesluit het. Die Stad se personeel het ook die leerders ’n liedjie oor rommelstrooiing geleer.

Leerders kon rommel in Bingo plaas.

Graad 6 leerders in hul herwonne klere van papier en plastiek.

By nog ’n Internasionale Herwinningsdagviering in Macassar het Grant Twigg, burgemeesterskomiteelid vir die bestuur van stedelike afval, gesê: “Internasionale Herwinningsdag dien as ’n aangrypende herinnering aan die deurslaggewende rol wat elke individu speel om ons planeet vir toekomstige geslagte te bewaar. Met die inisiatiewe om die dag te vier, poog die Stad om ’n kollektiewe verbintenis te inspireer om die kultuur van afval onder burgers te verander, sê hy. ”Inwoners word aangemoedig om te herwin.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article