Ek lees nou die stukkie van die Stad Kaapstad oor hoe ons moet bespaar en daar is net een woord daarvoor, naamlik snert.
Die besighede het die geleentheid aangegryp om tydens Covid hul pryse te verdubbel en dit is die grootste probleem.
So het Dischem ’n boete van R1 miljoen weens sy verhoogde gesigmaskerpryse gekry.
Hoe hierdie grootbase van al die groot ondernemings slaap, weet ek nie. Hulle moet beslis uit die kerk bly.
Is almal dan dom?
Nee, beslis nie.




