Ek sal baie graag wil weet hoekom moet my 92-jarige ma, wat al vir amper 64 jaar haar huis in Goodwood bewoon, die afgelope paar jaar ’n waterpyptoelae moet betaal – al is waterbeperking verby, asook vir haar voorafbetaalde elektrisiteitsmeter, wat al jare geïnstalleer is.

Die argument dat dit moet kom van huise bo ’n sekere waarde, is strooi.

Net in haar huishouding betaal sy R264,96 ekstra per maand.

Hoeveel huise is daar onder die Stad Kaapstad, en wat word van daai geld? Want kyk hoe lyk paaie en haweloses wat orals oorvat.

Dis ’n absolute skande.


Bekommerde inwonerE-pos

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article