Hester van Zyl by die Goedemoed-veearts is een van daai mense wat jou net laat beter voel as jy haar vriendelike, stralende gesig sien.

Dit is ook nie waar haar goedige geaardheid ophou nie.

Ek het in November daar gaan katkos koop en het net R200-note by my gehad.

Groot was my verbasing twee weke later toe ek weer ingaan vir katkos en Hester, met haar gewone breë glimlag, vir my ’n R200-noot oorhandig.

Blykbaar het twee note aan mekaar vasgeklou toe ek betaal het.

Toe sy aan die einde van die dag te veel kontant in haar register het, het sy onthou ek was die enigste wat met dié spesifieke note betaal het.

Wat ’n aangename besef dat daar nog sulke onopgesmukte, vriendelike, eerbare mense in ons samelewing is.

Met haar persoonlikheid is sy beslis ’n aanwins vir enige besigheid wat daagliks kliënte hanteer.


Petro JohnsonGoedemoed

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article