Die seunskoshuise by die Alta du Toit-skool het onlangs ’n groot Kersverrasing gekry.
Willem Bothma, ’n sakeman van Kuilsrivier, het sy hart oopgemaak en vir die seuns ’n Kerspartytjie gehou.
Elkeen het ’n groot geskenksak ontvang met ’n draagbare radio en vele ander kleiner geskenkies daarin.
Volgens die kinders was dit die beste en wonderlikste Kersfees ooit, lui ’n verklaring van die skool.
Die koshuise is dankbaar vir alle borge en die wonderlike dag wat vir die kinders aangebied was.





