The suspect is her husband, who is currently on the run. At this stage, I cannot release the names of either the victim or the perpetrator.
Police are on the hunt for a man who allegedly stabbed his wife to death in Bonteheuwel.

Solank die wil nie bestaan om misdaad in verarmde gemeenskappe te stuit nie, sal die Kaap se strate aanhou bloei.

In die derde aflewering van TygerBurger se reeks oor bende-probleme op die Kaapse Vlakte, sê die voormalige bendeleier en nou pastoor, Ivan Waldeck, solank daar nie die politieke wil is om die grondliggende redes vir bendes te pak nie, sal dinge nooit verander nie.

Waldeck, wie se lewensverhaal onlangs in ‘n boek, The gates of hell, vertel is, weet waarvan hy praat omdat dieselfde omstandighede wat vir hom tot ‘n lewe van misdaad gelei het, steeds bestaan. Hy het arm in die destydse Tiervlei (nou Ravensmead) grootgeword en is van jongs af blootgestel aan geweld en dwelms. Deur ongenaakbaar te lewe het hy hom uiteindelik opgewerk tot een van die mees gevreesde bendeleiers in die Wes-Kaap.

Tweede kanse

Ná jare in die tronk het Waldeck sy lewe reggeruk en deesdae probeer hy jongmense help met sy nie-winsgewende organisasie, Cape Transformation Centre. By die sentrum probeer hulle vir jongmense wat die pad byster geraak het ‘n tweede kans gee.

“Kinders raak sonder waardigheid in armoede groot en hulle voel niemand kom om hulle te help nie. Wat doen hulle? Hulle sluit by bendes aan, want daar kry jy ‘n reputasie en ‘n soort respek. Jy deel ook in die winste uit misdaad,” se Waldeck.

Hy reken nie alle arm mense raak by bendes betrokke nie, maar armoede en die afwesigheid van waardigheid skep ‘n teelaarde vir bendebedrywighede.

“Daar is so baie gebroke huise met afwesige gesinstrukture. As daar nie ‘n pa is nie, neem die bendeleier daardie rol oor. Ouers en veral mans moet hul rol in die opvoeding van hul kinders ernstiger opneem. Leierlose jongmense raak roekelose en onverantwoordelike volwassenes en jammerlik herhaal hierdie bose siklus homself elke jaar,” se Waldeck.

Tree in gesprek

Wat kan gedoen word om die euwel van bendes nek om te draai? “In die korttermyn moet daar met bendeleiers in gesprek getree word. Ons kan doen wat ons wil, maar bendeleiers moet deel wees van die oplossing net soos hulle deel is van die probleem. Die gemeenskap moet as ‘n gesamentlike span opruk en met die leiers gaan praat. Dit help nie almal wil hul eie ding doen nie. Bendeleiers is ook mense en al wil ons ook glo dat hulle so magtig is, kan geen mens opstaan teen ‘n gemeenskap wat saamstaan nie.

“Die regering, op alle vlakke, moet ook saam met gemeenskappe werk om die probleem te pak. Sonder politieke wil is ons kinders soos lammers ter slagting. In my boek gee ek praktiese maniere van hoe alle sfere van die samelewing kan saamwerk om bendegeweld op te los. Daar moet net die wil wees,” sê Waldeck.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article