Ek is nou al bietjie ouer as aftreeouderdom.

Volgens my berekening was almal wat nou daar is, lank voor 1994 op skool – die dae toe daar nog liggaamlike opvoeding op skool deur spesiaal opgeleide onderwysers aangebied is. Ons het daarna as L.O. verwys.

Deesdae staan L.O. vir lewensoriëntering en kinders doen nie meer gimnastiek soos in die ou dae nie.

Maar as jy nou al anderkant 60 trek, wat is jou opsies? Dalk speel jy gholf of tennis?

Dalk stap jy – alleen of saam met iemand, of in ‘n stapgroep?

Dalk bied jou mediese fonds jou toegang tot goed toegeruste binnenshuise gimnasiums waar jy saam met Jan Alleman op die apparate of in ‘n klas deelneem?

Hoe dit ookal sy, hoe soek jy vir jou ouderdomsgenote wat fiks wil bly?

As ‘n TygerBurger-leser wil ek in jou oor fluister – daar is twee groepe hier in die noordelike voorstede: U3A Tygerberg en Silverfit (www.silverfit.co.za). Soek hulle gerus op.

Gryskop, Bellville

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article