Die Parow-polisie het vanoggend om 08:15 ‘n klagte ontvang van ‘n skielike dood by Blok 25A in Parowpark.
Die oorledene is as Edward Gopen uitgeken en het gereeld buite geslaap.
Die polisie het by navraag vasgestel dat hy gister gekla het oor keel- en maagseer en hy was vermoedelik siek.
“Hy het ‘n mediese geskiedenis dat hy epileptiese aanvalle kry. Een van die bure het hom nog gisteraand tee en iets te ete gegee,” het kapt. Kevin Williams, woordvoerder van die Parow-polisie, gesê.
Die polisie het die ambulans ontbied, en die paramedici het die persoon dood verklaar.





