’n Man is gister middag ernstig beseer toe hy van ’n bakkie
afgeval het op die hoek van Hellingstraat en Brackenfell Boulevard.

Die ongeluk het omstreeks 15:00 plaasgevind, volgens Werner
Vermaak, woordvoerder by ER24.

“Paramedici het die man op die toneel gevind waar hy langs
die pad gesit het. Terwyl hulle met hom gepraat het sy toestand vinnig versleg
en moes noodpersoneel hom dadelik op ’n lewensondersteunende stelsel plaas, en
na die naaste hospitaal toe haas,” sê Vermaak.

Die omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article