Gaste by Saterdag se geleentheid kon hul handtekening in hierdie boek oor Hennie Muller aanbring.FOTO: richard roberts


Hulde is die afgelope naweek gebring aan Hennie Muller, die oud-Springbok, by die NTK-rugbyklub in Parow-Noord.

Hendrik Scholtz Vosloo “Hennie” Muller is op 26 Maart 1922 in Witbank gebore.

In sy rugbyloopbaan het hy vir Transvaal sowel as die WP op provinsiale vlak uitgedraf. Sy toetsdebuut vir die nasionale span was in 1949 op Nuweland teen Nieu-Seeland.

Sy internasionale rugbyloopbaan strek van 1949 tot 1953. In dié tyd het hy altesame 13 toetswedstryde gespeel, waarvan hy vir nege van die toetse as kaptein uitgedraf het. Sy heel laaste toets was op 26 September 1953 in Gqeberha teen Australië, lui die samestelling van sy geskiedenis deur Arthur Reichhardt, organiseerder van die geleentheid Saterdag.

Die Hennie Muller-100-rugbydag by die Jan Burger-sportkompleks is deur verskeie oudlede en spelers van dié klub bygewoon, sowel as die uitvoerende burgemeester van die Stad Kaapstad, Geordin Hill-Lewis en die plaaslike wyksraadslid Roger Cannon.

Muller, wat op 26 April 1977 oorlede is, sou op dié dag sy 100ste verjaarsdag gevier het.

Reichhardt het Muller in sy openingstoespraak met die mylpaal gelukgewens.

Johan Lloyd, voorsitter van die rugbyklub, het op sy beurt almal verwelkom om dié “legendariese man” te vier. Hy het ook die Muller-familie vir hul bywoning bedank.

’n Gedenkbrief is by die geleentheid uitgedeel. In die voorwoord het Lloyd vir Hennie beskryf as iemand wat “diep spore in die klub, sowel as in provinsiale en Springbok-rugby getrap het”.

Norman Coetzee, ’n oud-lid, het die huldeblyk gelewer.

“Ten spyte van sy hartprobleme, het hy op ’n jong ouderdom rugby begin speel,” het Coetzee genoem.

Die uitvoerende burgemeester van die Stad Kaapstad, Geordin Hill-Lewis (middel), oorhandig Saterdag ’n portret van Hennie Muller aan sy seuns, Mark Muller (links) en Len Muller (naaslinks). By hulle is Johan Lloyd (naasregs) en Arthur Reichhardt (regs). FOTO: richard roberts

Johan Lloyd (voorsitter van die NTK-rugbyklub) oorhandig ’n rugby-trui aan die uitvoerende burgemeester van die Stad Kaapstad, Geordin Hill-Lewis.FOTO: richard roberts

Fred Simons (90) en Mannetjies Viljoen (89), twee oudlede van die rugbyklub, by die portret van Hennie Muller.FOTO: richard roberts

’n Portret van Hennie Muller by die geleentheid Saterdag by die NTK-rugbyklub.FOTO: richard roberts

Gaste by Saterdag se geleentheid kon hul handtekening in hierdie boek oor Hennie Muller aanbring.FOTO: richard roberts

Volgens hom het Muller nie net plaaslik nie, maar ook oorsee vir homself groot naam gemaak. “Hy het altyd geglimlag en was altyd humoristies.”

Coetzee het gesê klubrugby was vir Muller baie belangrik, en hy was lief vir die sport. “Hy het ’n baie klein hart gehad, maar hy was ’n ‘gentleman’.”

Coetzee het bygevoeg dat Muller se naam in 2015 in die heldesaal in Londen aangebring is.

Die toesprake is gevolg deur ’n middagete en rugbywedstryde.

Die NTK-rugbyklub pronk met altesaam 23 Springbokke, nege internasionale spelers en meer as 200 provinsiale spelers wat die klub se velde aan die brand gespeel het, lui die voorsitter se voorwoord verder.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article