By die veiling is (van links) die sanger Andriëtte Norman, Mariëtte Kleinhans (medestigter van Durbanville se Project Flamingo), die sanger Corlea Botha, Cornel Erasmus (ook medestigter) en Lizz Meiring, wat as afslaer opgetree het.FOTO’S: Esmé Erasmus


Project Flamingo se Durbanville-tak het ’n welkome hupstoot gekry met die bykans R180 000 wat ingesamel is met ’n veiling en ete verlede Woensdagaand by Eensgezind.

Lizz Meiring het die veiling behartig, terwyl Andriëtte Norman en Corlea Botha gaste met hul sang vermaak het.

Project Flamingo is in 2010 deur dr. Liana Roodt, ’n bors- en endokriene-chirurg by die Groote Schuur-hospitaal, gestig.

“Ek het as algemene chirurg in die G.F. Jooste-hospitaal in Manenberg gewerk, waar ek spesifiek in borskankerchirurgie gespesialiseer het. Ek het daar gesien hoe lank pasiënte moet wag vir kankerbehandeling – soms tot 16 weke,” het sy by die geleentheid gesê.

Project Flamingo samel geld in vir vroegtydige chirurgie vir borskankerpasiënte – in Kaapstad hoofsaaklik by die Groote Schuur- en Tygerberg-hospitale en in Gqeberha by die Livingstone-hospitaal.

Dit behels dat chirurge en ander mediese personeel hul dienste gratis verrig en opereer in teaters wat nie besig is oor naweke nie, en op tye wanneer die meeste chirurge nie opereer nie.

Van die gaste en gasvroue is (van links) Debbie en Mike Smith, Una Karsten (gasvrou), Marjoh en Möller Nel, en Johann Hooper. Agter is dr. Johan Karsten, Almal is van Durbanville.

Van links sit Naomi en Jaco Bruwer, Carin Viljoen (subraadbestuurder) en Gerhard Fourie, voorsitter van subraad 7.

Ook by die veiling was (van links) Sandra Joubert, Jemine van der Merwe, Hilda Thomson en Marie Lureman, almal van Durbanville.

Van links is Isabel Hopley, Margie van Wyk, Freda du Plessis en Lida Avenant, almal van Durbanville.

Annamarie du Toit, Carina Brink en Michelle Myburgh, al drie van Durbanville, was ook by die fondsinsamelingsdinee.

By die veiling is (van links) die sanger Andriëtte Norman, Mariëtte Kleinhans (medestigter van Durbanville se Project Flamingo), die sanger Corlea Botha, Cornel Erasmus (ook medestigter) en Lizz Meiring, wat as afslaer opgetree het.FOTO’S: Esmé Erasmus

’n Groep van sowat 30 vroue van Durbanville het dit ’n stap verder geneem en verpak sowat 120 omgeepakkies en kosemmertjies per maand om dit ter ondersteuning aan borskankerpasiënte te oorhandig.

Die fondsinsamelingsveiling is hoofsaaklik ten bate van die omgeepakkies gehou.

Omgeepakkies bevat benodigdhede soos handeroom, badkamerseep, lipsalf, naellak in helder kleure, ’n waslap, sneesdoekies, ’n energiestafie en ’n botteltjie water.

Kospakkies bevat bruinrys, lensies, ’n pakkie sop, ’n blokkie aftreksel en kerriepoeier. Pasiënte kan net water byvoeg en dit kook om ’n voedsame sop of bredie te berei.

Donasies van hierdie bestanddele, asook kontant, word verwelkom.

Kontak Cornel Erasmus by 082 855 4674 of hcerasmustrust@gmail.com of Mariëtte Kleinhans by 083 591 6220 of mgk@iafrica.com met navrae.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article