Onbenutte kanse het die Hoërskool Milnerton die afgelope naweek duur te staan gekom in sy wedstryd teen die Hoërskool Bellville in die laaste reeks o.19A-skolerugbywedstryde in die eerste deel van die huidige seisoen.

Milnerton was, met ’n rustydvoorsprong van 15-3, fluks op pad na sy eerste oorwinning ooit oor die Bellvilliete.

Maar terwyl Milnerton nie kon voortbou op hierdie belowende telling nie, het Bellville geleidelik die oorhand gekry om die tuisspan met 17-15 te troef.

Melkbosstrand het so byna ’n yslike verrassing gelewer teen die (op papier) veel sterker Parel Vallei, maar moes uiteindelik met ’n gelykopuitslag van 18-18 gediend wees. Fairmont was met 17-3 die meerdere van die Hoërskool Groote Schuur.

Die ander Tygerbergse spanne was as gevolg van die huidige eksamen nie Saterdag in aksie nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article