Vervalste geld is verlede week deur die polisie in die besit van vier mans in Brackenfell gevind.


Vier mans tussen 29 en 43 jaar is verlede Woensdagoggend in Brackenfell vasgetrek vir die besit van vervalste geldnote.

Die Maitland-blitspatrollie het gereageer toe hulle inligting ontvang het oor ’n verdagte voertuig.

Die voertuig is afgetrek en deur die polisie deursoek. Kontant in stapels van R200-note, waarvan die waarde nie deur die polisie bekend gemaak is nie, is in die voertuig gevind.

Die mans is in hegtenis geneem en sou, nadat hulle aangekla is, in die Bellville-landdroshof verskyn. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article