Saam het die vroue tussen 08:00 en 12:00 altesaam 10 km op wipmatte gespring.FOTO: Natalie Gabriels

Credit: NATALIE GABRIELS PHOTOGRAPHY

Dit het verlede Saterdagoggend in die Jamrock-teater in Brackenfell gegons toe sowat 40 vroue saamgespan het om 10 km op wipmatte te spring as deel van die Spar Women’s Virtual Challenge.

Die plaaslike klein besighede Bella Bunz en Rebound Fit Studio het hande gevat om met die #Jumping4Petals-projek ’n volle 2 500 pakkies Petals sanitêre doekies vir skoolgaande meisies in te samel.

Die projek beoog om skoolgaande meisies op skool te hou tydens maandstonde en om standpunt in te neem teen geslagsgeweld.

Die organiseerders, Dillon Lerm, Monique Lerm en Monique Stofberg, was uit die veld geslaan deur vanjaar se sukses.

“In 2021 het ons sowat 380 pakkies Petals Pads ingesamel.

“Vanjaar het ons gepoog om minstens die getal te verdriedubbel – met die nuwe aanslag vanjaar dat besighede van Brackenfell, Kraaifontein en Durbanville betrokke geraak het deur springers te borg.

“Selfs Spar het hiertoe bygedra. Saam het ons ’n verskil gemaak,” sê Monique.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article