‘n Motoris moes Donderdagmiddag verslae toekyk hoe haar motor uitbrand in Nitidalaan voor die KFC by die CapeGate Lifestyle-sentrum.
Volgens die vrou het sy stilgehou toe daar rook by die motor se enjinkap uitkom. Dit het die volgende oomblik opgegaan in vlamme.
Brand en redding was op die toneel om die brand onder beheer te kry.





