Die ingang van die Tygerberg-natuurreservaat

Richard Roberts

Die Stad Kaapstad
het pas aangekondig dat die Tygerberg-natuurreservaat tydelik gesluit is weens
‘n onderbreking van watertoevoer.

In ‘n verklaring
wat Dinsdagoggend uitgereik is, word aangedui dat die reservaat “tot verdere
kennisgewing” gesluit is.

“Die Tygerberg-natuurreservaat
ervaar wisselvallige watertoevoer sedert Vrydag 14 April weens ‘n foutiewe pomp
wat drinkbare water aan ons reservaat se fasiliteite verskaf,” lui die
verklaring.

‘n Span
kundiges van die Stad se direktoraat vir water en sanitasie skenk tans aandag
hieraan.

“Ons bedank die publiek vir hul geduld en
begrip. Sodra die watertoevoer ten volle herstel is, en die reservaat oopgestel
word vir besoekers, sal ons dit kommunikeer,” lui die verklaring.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article