Die Tygerberg Kinderkoor is as die top-kinderkoor in Engeland bekroon

No caption found


Die Tygerberg Kinderkoor het op Dinsdag, 2 Mei in Kaapstad geland nadat hulle by die Hull-Internasionale Koorkompetisie in Engeland geskitter het.

Hulle het die kinderkoor-afdeling gewen en ook ‘n tweedeplek in die “Sacred”-afdeling behaal.

Marli Slabbert, sekretaresse van die koor, sê hulle is baie opgewonde oor die prestasie.

“Die kinder-afdeling is wonderlik, maar ons is nog meer opgewonde oor die tweedeplek in die Sacred-afdeling, omdat hulle teen volwassenes deelgeneem het,” sê Slabbert.

Kaapstad lughawe

Ouers, familie en toeskouers het die Tygerberg Kinderkoor gister op Kaapstad Internasionale Lughawe terug verwelkom Foto: Jo Sekepane

Sy sê verder dit is baie lekker om tuis te wees en die ontvangs op die lughawe was wonderlik.

Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, het saam met ouers en toeskouers die koor op die lughawe verwelkom.

Sy het die koor gelukgewens met hul sukses.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article