Van die land se beste Country musiek-kunstenaars gaan by vanjaar se Country Opskop optree.


Met net bietjie meer as ‘n week oor voor die Bakgat Country Opskop, sal Country-liefhebbers moet gou spring vir daai kaartjies. 

Dié gewilde vertoning vind ná ‘n onderbreking van vier jaar op Saterdag 3 Junie weer plaas in die GrandArena, GrandWest.

Dit sal die tiende keer wees dat die vertoning by GrandWest aangebied word. 

Soos tevore wag daar ’n propvol program met van die land se beste country musiek-kunstenaars. 

Die kunstenaars wat vanjaar optree en deur ‘n negestuk-orkes genaamd The Banned begelei word sluit in:

  • West
  • Tarryn Lamb
  • Joanna Field
  • Tommy Dell
  • Ray Dylan
  • Elandré
  • Chris Else
  • Dodo
  • Chereé
  • Die twee wenners van die 2021-’22 Bakgat “Country Search”-kompetisie, Karla Gouws en Gypsy.  

Christo Booyens, organiseerder van Bakgat Promosies, wat reeds 24 jaar in die musiekbedryf is, sê tydens vanjaar se vertoning sal ook hulde gebring word aan plaaslike country musiek-bekendes wat die afgelope vier jaar oorlede is, onder wie Lance James, wat by al die vorige weergawes van Country Opskop opgetree het.

“Ons gaan ook ’n paar duette en melodieë uitvoer,” sê Booyens. 

Die vertoning begin om 18:00.

Kry jou kaartjies nou en stof daardie cowboy-stewels af vir ’n heerlike opskop.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article