Agt verdagtes het Donderdag in die hof verskyn in verband met die ontvoering van n vrou (31).

Richard Roberts

’n Vermeende rower het verlede Vrydag, 21 Julie, in die Bellville-landdroshof verskyn nadat hy verlede week deur die polisie op heter daad betrap is.

Volgens kapt. Kevin Williams, Parow-polisie se woordvoerder, het die verdagte probeer vlug toe die polisie op ’n noodoproep gereageer het.

Die voorval het op Woensdag 19 Julie om 13:40 in die omgewing van Francie van Zijl-rylaan plaasgevind.

Sers. Alton Marcus, bestuurder van Sektor 3, en sers. Melanie Jantjies, ’n drankbeampte, het op die noodoproep gereageer terwyl hulle met misdaadvoorkomingsdiens besig was, sê Williams.

“Hulle het inligting ontvang van ’n straatroof wat aan die gang was en daarop gereageer. Hulle het op die slagoffer afgekom en die verdagte was besig om te ontsnap,” sê Williams.

Die slagoffer is glo met ’n mes gedreig. ’n Selfoon, identiteits-dokument en R30 kontant is gebuit.

“Die beamptes het die verdagte agternagesit en hom gevang. Die 28-jarge man is van gewapende roof aangekla.”- Richard Roberts

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article