Kom soek die ideale Kersgeskenk by die verskeidenheid van stalletjies by Suidkerk se Sterligmark. F

Gewilde geskenkmark in Kuilsrivier oop tot 9 Desember

Kom soek die ideale Kersgeskenk by die verskeidenheid van stalletjies by Suidkerk se Sterligmark. F


Die NG kerk Kuilsrivier-Suid (Suidkerk) se Sterlig-geskenkmark is tans oop tot en met Saterdag 9 Desember – op weeksdae van 10:00 tot 19:00 en op Saterdae van 10:00 tot 15:00.

Die liggies in die kerk se tuin word op Vrydag 1 Desember om 20:00 aangeskakel.

Bring die hele familie – van ouma en oupa tot ooms, tannies, jou klein boetie of sussie, jou beste vriend of vriendin – en kom kuier heerlik saam.

Daar word elke aand ligte etes verkoop, asook onder meer springmielies, tema-brille en ander lekkergoed.

Die kerk is langs die Langverwacht-pad, maar parkering is beskikbaar agter die kerk te Dennestraat 21.

Stuur ’n WhatsApp na 082 769 8014 vir meer inligting.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article