Twee verdagtes is vir moord aangekeer nadat ’n Malawiese man op Woensdag 6 Desember in Kalkfontein aangeval en beroof is.

AO Liesel Beukes, woordvoerder van Kuilsrivier-polisie, sê die man is Woensdag kort na 07:00 in Elmariestraat beroof en is verskeie kere gesteek. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.
Volgens inligting wat die polisie ontvang het, was daar twee aanvallers.
Beukes sê danksy vinnige opvolgwerk met die ondersoek kon plaaslike speurders dieselfde dag reeds ’n verdagte, ’n 17-jarige seun, aankeer. Hy het op Donderdag 7 Desember in die Bluedowns-hof verskyn en bly in korrektiewe toesig.
’n Tweede verdagte, ’n 34-jarige man, is op Vrydag 8 Desember aangekeer. Hy sal Maandag 11 Desember in die Bluedowns-hof verskyn.
Kol Jayce Naidoo, stasiebevelvoerder, het die speurders en betrokke polisiebeamptes vir hul goeie werk geloof.






You must be logged in to post a comment.