Marius Niemand se brief (“Taxi’s saai chaos”, TygerBurger, 14 Februarie) verwys.

Taxi’s openbaar bykans daagliks presies dieselfde gedrag in Okavangoweg tussen Ou Paarlweg en die brug oor die N1 by Cape Gate.

Daar het hulle twee verkeersligte waar hulle links in die geel veiligheidsbaan tot voor kan druk, hul flikkerligte aansit en dan doodeenvoudig na regs beur al is daar reeds ’n lang stroom motors in die linkerbaan.

As ons almal dieselfde gedrag begin openbaar, sal die verkeer doodeenvoudig tot stilstand kom.

Die oplossing is so eenvoudig dat ek skaam is om dit voor te stel.

Plaas twee kameras op die pale van die teenoorstaande verkeersligte en stuur môre aan elkeen wat so optree ’n stywe boete. Die meeste boetes sal in duplikaat wees. Einde van die probleem.

Die verkeersmanne kan maar afwesig bly solank hulle net die kamera-inligting verwerk.


Chris SmitProteahoogte

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article