Volgende jaar is dit 20 jaar sedert ek as ’n groentjie by TygerBurger ingestap het. Sedertdien het ek onder twee redakteurs, asook ’n adjunk-redakteur, gegroei en iewers langs die pad het die een potensiaal gesien en die regte deure oopgemaak wat gelei het tot die redakteur-skoene waarin ek vandag staan.

Maar, wat min mense weet, is dat my reis by WP Media (toe nog WP Koerante) nie op 25 April 2005 by TygerBurger begin het nie. Vir ’n volle jaar het ek in 2003 en 2004 op kontrak uitgehelp by die MetroBurgers – eers smiddae terwyl ek my finale jaar studies by die Skiereilandse Tegnikon – deesdae die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie (KSUT) – voltooi het en daarna voldag tot my dienste nie meer nodig was nie.

Die Metro, soos dit vandag nog (hoewel die name jare terug al verander het) in die volksmond bekend staan, het vier uitgawes gehad wat versprei is op verskeie dele van die Kaapse Vlakte, asook die mindergegoede buurte van Kraaifontein en Kuilsrivier. My beat was Sentraal, en ek het op soek na stories in Bellville-Suid, Ravensmead en Belhar geboer, maar wanneer iemand afwesig was, het ons mos maar in ons kollegas – Cecilia Hume, TygerBurger redakteur 

TygerBurger verwelkom vandag, Woensdag 6 Februarie, ’n nuwe uitgawe in sy stal – TygerBurger Mitchells Plain.

Mitchells Plain is een van die Kaap se grootste stadswyke en tot verlede maand is TygerBurger se susterskoerant People’s Post op Dinsdae daar versprei.

TygerBurger is die markleier in gemeenskapsnuus in die noordelike voorstede van Kaapstad en met die oorskuif ná TygerBurger skep dit nuwe geleenthede vir die Mitchells Plain-uitgawe – waarvan een om nuus in Afrikaans aan die gemeenskap te bied.

TygerBurger sal weekliks steeds 40 000 gratis koerante by huise, winkels en sakesentras versprei, maar op ’n Woensdag.

Die gebied sal ook steeds deur dieselfde verslaggewer, Samantha Lee-Jacobs, en verkoopsverteenwoordiger, Galiep Christians, bedien word.

TygerBurger het ook ’n historiese verbintenis met Mitchells Plain, met dié uitgawe se sustersuitgawes, wat toe dit nog as MetroBurger bekend gestaan het, destyds deel van TygerBurger geword het.

As deel van die TygerBurger-familie sal die publikasie voortbou op sy nalatenskap en vertroue in die Mitchells Plain-gemeenskap deur steeds weekliks hiperplaaslike nuus aan ons lesers te bring.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article