Ons woon al meer as 30 jaar in Loevenstein; die agteruitgang van die area is opvallend.

Die afsaag van die bome op die hoek van Jip de Jager- en Uys Krigerylaan is definitief ’n pluspunt, maar ongelukkig is die taak nie netjies afgerond nie. Die rommel en vullis lê nog oral rondgestrooi.

Die perseel het nou in ’n verdere oogseer verander.

Kan die parke-afdeling dit nie verfraai deur inheemse struike soos Kaapse kamperfoelie, plumbago en spekbome daar te plant nie?

Kan hulle nie ook ou dooie struike op die perseel op die hoek van Uys Krigerylaan en Steenbokstraat verwyder en byvoorbeeld spekbome daar plant nie?

Allenrylaan is erg verwaarloos. Onwettige gastehuise en motorwerktuigkundige hersteldienste word daar bedryf.

Ons belastingtariewe is hemelhoog. Dit word stiptelik maandeliks van ons verhaal, maar ons moet tevrede wees met swak of geen dienste nie.


Gefrustreerde inwonerLoevenstein

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article