Engelbert Humperdinck, legendariese minnesanger, se The Last Waltz Farewell Tour kom in Julie na Suid-Afrika.


Engelbert Humperdinck, legendariese minnesanger, se The Last Waltz Farewell Tour kom in Julie na Suid-Afrika.

Die Britse musieklegende bekoor al dekades lank gehore met sy tydlose klassieke treffers en charismatiese optredes.

Nou, ná ’n roemryke loopbaan wat oor ses dekades strek, het hy sy laaste wals aangekondig. Hy is slaggereed om een laaste keer gehore in Kaapstad en Gauteng met romanse van hul voete te vee.

“Ek het nog altyd my musiek met ’n tikkie romanse benader, en dit soveel geniet om wonderlike lirieke oor die liefde te sing. Ek dink romanse laat die wêreld draai.”

Humperdinck, gebore as Gerry Dorsey, het reeds in 1965 met sy romantiese melodieë internasionale bekendheid verwerf. Met treffers soos ‘‘Release me’’, ‘’A man without love’’ en ‘‘The last waltz’’ het hy meer as 150 miljoen albums wêreldwyd verkoop en vele prestasies verower, insluitend vier Grammy-nominasies en ’n Golden Globe vir Vermaaklikheidster van die Jaar.

Hy is ook een van ’n handjievol kunstenaars wat ’n ster op beide die Hollywood Walk of Fame en die Las Vegas Walk of Fame het.

Hy het sy kreatiewe metodes in ’n onlangse onderhoud só beskryf: “Ek het nog altyd my musiek met ’n tikkie romanse benader, en dit soveel geniet om wonderlike lirieke oor die liefde te sing. Ek dink romanse laat die wêreld draai.”

Dis hierdie onblusbare passie vir musiek wat steeds by gehore aanklank vind.

As hy terugkyk op sy pad tot hier, dink Engelbert graag aan sy kinderjare in die voormalige Madras, Indië, waar sy liefde vir musiek binne sy gesin geblom het.

Ten spyte van vroeëre struikelblokke in sy loopbaan het hy uithouvermoë gewys en uiteindelik sukses met liedjies soos “Release me” behaal, wat die koers van sy lewe en loopbaan vir altyd verander het.

Engelbert se invloed het veel wyer as net musiek gestrek. Dit het tot vriendskappe met Elvis Presley en Dean Martin, asook Tony Bennet, Jerry Lewis en Sammy Davis Jr gelei.

  • Bespreek by www.webtickets.co.za.  

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article