Die Stad Kaapstad het onlangs die grense van sy subrade aangepas. Die voormalige Subraad 21, waarin die grootste gedeelte van Kuilsrivier en omliggende gebiede geleë is, heet sedert Maandag 2 September Subraad 14.

Volgens die nuwe indeling sluit die subraad nou die hele gebied van Mfuleni in, terwyl die Macassar-gebied aan Subraad 8 afgestaan is.

Johan van der Merwe, voorheen voorsitter van Subraad 21, is herkies as voorsitter van Subraad 14.

LEES | Lees die nuutste digitale weergawe van die TygerBurger hier

Hy sê dit is dalk goed om mense te herinner aan wat ’n subraad is en wat die subraad se funksies behels.

“’n Subraad is ’n geografiese, afgebakende gebied binne die Stad wat uit drie tot sewe wyke bestaan. Tans is daar 20 subrade in die metro.”

Van der Merwe sê ’n subraad se verantwoordelikheid sluit in om aandag te gee aan kwessies wat gemeenskappe raak, soos versoeke om dienslewering, beplanningsaansoeke en die aanmelding van foutiewe munisipale dienste.

Funksies

Die funksies van ’n subraad behels die volgende:
  • Openbare deelname wat betref die Stad se begroting, asook die lyndepartemente se begrotings;
  • Monitering en oorsig van die Stad se dienslewering;
  • Dien as ontvangs van gemeenskappe se klagtes oor dienslewering en die monitering daarvan;
  • Die maak van voorstelle oor die subraad se gebied aan die Stad se lyndepartemente;
  • Lewer kommentaar oor dranklisensie-aansoeke;
  • Speel ’n oorsigrol oor die besteding van die begroting wat aan elke wyk toegewys word;
  • Sorg dat openbare deelname-prosesse oor beleidsaangeleenthede van die Stad na die gemeenskappe verwys word vir insette en kommentaar;
  • Sorg dat databanke van gemeenskapsorganisasies binne die subraad se grense op datum gehou word, en;
  • Die registrasie van mense wat werk soek in die Stad se databank.

Van der Merwe sê die subraad het in die 2023 tot 2024-boekjaar weer soos in die vorige boekjaar bykans 98% van die begroting wat aan die onderskeie wyke toegewys is, bestee

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article