Skade by die skool in Tuscany Glen.


Die skoolgemeenskap van die Hoërskool Tusgany Glen in Blue Downs is woedend en teleurgesteld nadat hulle op die eerste skooldag van die nuwe kwartaal op ’n skool afgekom het wat gevandaliseer is.

Toe die skool Dinsdag heropen is onderwysers en leerders deur algehele chaos en verwoesting begroet.

Deure is oopgebreek, swartborde is afgeruk en toilette en wasbakke is totaal en al verwoes.

Tuscany Glen

Skade by die skool in Tuscany Glen.

Jeremy Dietsiso, oudleerder van Tuscany Glen en huidige adjunkhoof by die Hoërskool de Kuilen in Kuilsrivier het sy hartseer in ’n plasing op Facebook uitgespreek.

“My alma mater, die skool wat my die man gemaak het wat ek vandag is. My hart is diep seer vandag. Ná ’n skoolvakansie en dit is die toestand waarin onderwysers die skool moet kry. Daar is baie euwels in die wêreld, maar ek dink persoonlik die grootste euwel is om ’n kind te ontneem van goeie, kwaliteit onderrig. My hart bloei,” skryf Dietsiso.

Tuscany Glen

Skade by die skool in Tuscany Glen.

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het by monde van hul woordvoerder, Bronagh Hammond, die voorvalle by die skool bevestig. “Dit jammer dat ek moet bevestig dat die skool by twee geleenthede tydens die skoolvakansie gevandaliseer is.

Die eerste voorval het op 27 September plaasgevind toe deure en vensters beskadig is, bedrading verwyder is en ander vorme van vandalisme ook gepleeg is. Op 1 Oktober is verdere skade aangerig toe deure, swartborde en wasbakke beskadig is.

Krane en ander items is ook gesteel. Dit is hartseer dat die skool so geteiken is, want in sommige gevalle is onnodige skade aangerig,” sê Hammond.Volgens Hammond het die skool planne beraam om rondom die skade te werk en gaan onderrig en studie dus voort.

Tuscany Glen

Skade by die skool in Tuscany Glen.

“Ons doen egter ’n beroep op die gemeenskap om enige gesteelde goedere of enige inligting rondom die aangeleentheid by die polisie aan te meld. Ons vra ook dat die gemeenskap ten alle tye waaksaam moet wees, want hulle is ons grootste bate wanneer hulle verdagte aktiwiteite by die skool waarneem en aanmeld,” sê Hammond.

Teen druktyd was die WKOD steeds besig om inligting in te win oor ander skole in die provinsie wat ook ander vandale deurgeloop het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article