Dit is nou al maande lank dat die sypaadjies van Oakdale waar nuwe pype ingesit word, soos onwettige myners se werk lyk.
Eerstens is die werk in die winter aangepak, wat toe onvoorspelbaar was en oorstromings veroorsaak het. Toe die weer opklaar, kry ons tientalle werkers wat seker vier uit die vyf dae van elke week net heen en weer stap van gat tot gat.
Ek kan nie eens my metergat van my huis af sien nie, maar minstens vier werkers op ’n slag was seker maklik 15 keer net by my gat, sonder om juis enige werk te doen. Dit lê steeds halfvol sand en afval, en sypaadjies kan glad nie gebruik word nie.
Alles jaag koste op, wat ons as belastingbetalers moet betaal en die maatskappy ryk maak. Die huidige toestand is onaanvaarbaar en behoort ondersoek te word met ’n verduideliking aan inwoners.




