’n Seun (14) is verlede Maandag van sy fiets, selfoon en bankkaart beroof toe hy en ’n vriend met hul fietse in Wellingtonweg in Durbanville gery het.

Hy is gedreig met wat hy hom na ’n egte vuurwapen gelyk het. Twee mans, onderskeidelik 19 en 33 jaar oud, is twee dae later in Morningstar aangekeer. Die fiets is ’n dag later teruggevind.

Volgens die seun se ma het haar seun en sy vriend, albei gr. 8-leerders van die Hoërskool Durbanville, van hul huis in Goedemoed af gery sodat hy sy hare in die middedorp kon laat sny. “Ek was by die werk in ’n vergadering en kon hom nie neem nie, maar hy het in die verlede al gereeld sommer self met sy fiets gery om gou iets te gaan koop,” sê sy.

Nagemaakte vuurwapens

Hulle was omstreeks 15:35 op pad terug huis toe, toe hy beroof is.

Hulle het in Wellingtonweg tussen Langebergweg en Lubbestraat gery toe hulle agterkom twee jong mans op een fiets agtervolg hulle. Hulle het gefluit om die seuns se aandag te trek.

Die vermeende rowers het verby hulle gery gekom. Haar seun se vriend het daarin geslaag om om hulle te ry, maar hulle het voor haar seun ingedruk en hom gedwing om stil te hou, sê sy.

“Hy het ’n vuurwapen onder sy baadjie vir hom gewys en hom beveel om sy fiets en selfoon te oorhandig. Hy moes ook sy sakke omdop en hulle het sy bankkaart gevat. Die ander een op die fiets het ook ’n wapen in sy broeksak gehad.

“Die polisie het later gesê dit blyk dit was nagemaakte vuurwapens, maar volgens my seun het dit baie eg gelyk,” sê sy.

Die rowers is vort met sy besittings en haar seun het na die OK Minimark in Lubbestraat gehardloop.

Sy vriend het verder af in die straat vir hom gewag.

Vreesbevange

“Ek was skaars by die huis ná werk toe hy my van die OK Minimark bel en vertel hy is beroof; ek moet hom kom haal. Die personeel van die minimark was ongelooflik en het vir hom koeldrank en sjokolade gegee vir die skok.

“My seun en sy vriend is nou vreesbevange dat die skollies bande met bendelede het wat hulle op sy spoor kan sit. Hy is regtig baie gerattle. Ek is net dankbaar hy is oukei,” sê sy.

Die Durbanville-polisie was binne twee ure by hul huis om ’n verklaring af te neem. “Ook die buurtwag was fantasties. Baie mense het op die Facebook-groep uitgereik en gevra of hy oukei is.”

Volgens kol. Theo Fisher van die Durbanville-polisie is twee verdagtes verlede Woensdag in Morningstar in hegtenis geneem. Die fiets is die volgende dag teruggevind. Volgens Fisher het ’n man die fiets glo by die vermeende rowers gekoop, maar het dit aan lede van ’n sekerheidsmaatskappy oorhandig.

“Die polisie het later gesê dit blyk dit was nagemaakte vuurwapens, maar volgens my seun het dit baie eg gelyk,” sê sy. Die rowers is vort met sy besittings en haar seun het na die OK Minimark in Lubbestraat gehardloop.

Volgens kol. Theo Fisher van die Durbanville-polisie is twee verdagtes verlede Woensdag in Morningstar in hegtenis geneem. Die fiets is die volgende dag teruggevind.

Volgens Fisher het ’n man die fiets glo by die vermeende rowers gekoop, maar het dit aan lede van ’n sekerheidsmaatskappy oorhandig.

Die vermeende rowers het verby hulle gery gekom.

Haar seun se vriend het daarin geslaag om om hulle te ry, maar hulle het voor haar seun ingedruk en hom gedwing om stil te hou, sê sy.

“Hy het ’n vuurwapen onder sy baadjie vir hom gewys en hom beveel om sy fiets en selfoon te oorhandig. Hy moes ook sy sakke omdop en hulle het sy bankkaart gevat. Die ander een op die fiets het ook ’n wapen in sy broeksak gehad.

“Die polisie het later gesê dit blyk dit was nagemaakte vuurwapens, maar volgens my seun het dit baie eg gelyk,” sê sy.

Die rowers is vort met sy besittings en haar seun het na die OK Minimark in Lubbestraat gehardloop.

Sy vriend het verder af in die straat vir hom gewag.

“Ek was skaars by die huis ná werk toe hy my van die OK Minimark bel en vertel hy is beroof; ek moet hom kom haal. Die personeel van die minimark was ongelooflik en het vir hom koeldrank en sjokolade gegee vir die skok.

“My seun en sy vriend is nou vreesbevange dat die skollies bande met bendelede het wat hulle op sy spoor kan sit. Hy is regtig baie gerattle. Ek is net dankbaar hy is oukei,” sê sy.

Die Durbanville-polisie was binne twee ure by hul huis om ’n verklaring af te neem. “Ook die buurtwag was fantasties. Baie mense het op die Facebook-groep uitgereik en gevra of hy oukei is.”

Volgens kol. Theo Fisher van die Durbanville-polisie is twee verdagtes verlede Woensdag in Morningstar in hegtenis geneem. Die fiets is die volgende dag teruggevind.

Volgens Fisher het ’n man die fiets glo by die vermeende rowers gekoop, maar het dit aan lede van ’n sekerheidsmaatskappy oorhandig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article