Alle fondse wat ingesamel word, sal aangewend word vir die mediese uitgawes van babas in tydelike plekke van veiligheid
Alle fondse wat ingesamel word, sal aangewend word vir die mediese uitgawes van babas in tydelike plekke van veiligheiddummy text

Magdalenahuis beradingsentrum nooi gemeenskap na jaarlikse gala-aand

Alle fondse wat ingesamel word, sal aangewend word vir die mediese uitgawes van babas in tydelike plekke van veiligheid
Alle fondse wat ingesamel word, sal aangewend word vir die mediese uitgawes van babas in tydelike plekke van veiligheiddummy text

Magdalenahuis Beradingsentrum hou vanjaar sy jaarlikse Gala-aand op Vrydag, 14 Augustus, by Eensgezind in Durbanville. Die tema vir die aand is “A Night in Paris” en beloof on ‘n gesellige geleentheid te wees, gevul met goeie kos, lag en dans.

Die kaartjieprys van R650 of R6000 vir ‘n tafel van tien, sluit ‘n driegang-ete in, ‘n dans en /n veiling. Kaartjies is beskikbaar vir individuele persone, asook vir besighede wat ‘n tafel wil bespreek. Besighede wat nie self die aand kan bywoon nie, kan ‘n tafel borg. Die sentrum sal die sitplekke vul, en in ruil daarvoor ‘n Artikel 18-sertifikaat ontvang wat vir belastingdoeleindes gebruik kan word.

Alle fondse wat ingesamel word, sal aangewend word vir die mediese uitgawes van babas in tydelike plekke van veiligheid, asook vir die volhoubaarheid van dienste aan kwesbare swanger jong meisies en vroue in krisis, en aan aanneemouers – ‘n diens wat die sentrum reeds vir 124 jaar lewer.

Magdalenahuis is dankbaar teenoor besighede wat reeds veilingsitems geskenk het, waaronder Lanzerac, Pardeberg, Zevenwacht, Kleinood en Lagoon Beach Hotel. Die sentrum is tans besig om verdere items te bekom.Vir meer inligting oor bywoning of borgskappe, kan belangstellendes Magdalenahuis Beradingsentrum direk kontak by 021 948 3637.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article