Riaan Manser, ‘n avonturier, met van die leerders by die Laerskool De Tyger tydens sy besoek aan die skool onlangs.

Die wêreldbekende reisiger en avonturier Riaan Manser van Kaapstad het onlangs besoek afgelê by diecLaerskool De Tyger in Parow waar hy sy ervaring met die jongspan gedeel het, en hulle ook meer oor sy drie kinderboeke vertel het.

Manser het die skool op Woensdag 22 April besoek waar hy die gr. 4- tot 7-klas toegespreek het. Wêreldboekdag is op Donderdag 23 April gevier.

Avonture

Danel Greeff, ‘n opvoeder, het meer inligting oor die bekende reisiger gedeel.

Sy eerste reis, vertel sy, het begin toe hy per fiets om die Afrika-vasteland gery het – ‘n epiese tog wat hom twee jaar, twee maande en 15 dae geneem het. Manser het alleen altesaam 34 000 km deur 34 lande gereis.

In Julie 2009 het hy nog ‘n wêreldrekord opgestel deur die eerste mens te word wat alleen per kajak om een van die wêreld se grootste eilande, Madagaskar, vaar. Die tog van 5 000 km het hom 11 maande geneem. Hy het die wonderlikste ervarings gehad, waarvan baie gevaarlik was, vertel Greeff.

In sy laaste boek, My Eerste Ysland Avontuur, vertel hy ons van sy kajakvaart rondom Ysland. In hierdie avontuur het Dan Skinstad, wat serebraal verlam is, by hom aangesluit. Skinstad is die broer van die voormalige Springbok-rugbyspeler Bob Skinstad.

Boeke

Manser het tot dusver drie kinderboeke geskryf oor sy ervarings – My Eerste Afrika Avontuur; My Eerste Wilde Eiland Avontuur en My Eerste Ysland Avontuur. Die boeke is geskryf deur Manser tesame met Murray Williams en Chantal Tarling. Marthinus van Tee is verantwoordelik vir die illustrasies in die boeke.

LEES OOK: Afgetrede veearts skryf boek

Een van Riaan Manser se kinderboeke getiteld My eerste wilde eiland avontuur.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article